Monday, June 14, 2010

Soen groet


Die nag was koud maar jou hande was warm
Jou hitte het my hart weer tuis laat voel
Verbode soene in die maanlig het my hart laat jaag
Toe ons weer kyk was dit tyd om te groet
Ek’t jou met n swaar hart laat gaan
Ek en jy het geweet dit was die laaste
Ons laaste soen groet

Jare later staan jy weer voor my in die maanlig
My hart so koud soos die winters nag
Jare alleen, jare gewag
Jou hand raak saggies aan my wang en my trane val
Mt soen groet, my engel, my seëlsgenoot
Stadig lig jy my kop en kyk in my oë
Ek kan nie weer die kans waag
Nie weer, nie nog n soen groet
Jy glimlag, my hart jaag
En jy soen my sag
Ons eerste soen groet